Dis snaaks maar nie ek of Jessica het aan die begin belang gestel in “dating apps” nie. Jessica se kollega het haar aangemoedig om KOER te probeer en my sussie het vir my van KOER vertel en gesê “probeer tog”. So, aan die begin het ek met twee of drie meisies gesels maar dit het vinnige doodgeloop. Toe dag ek: “nee wag, ek gaan KOER eers bietjie los”. ‘n Week of wat later, terwyl ek druk besig is met my ma se verjaarsdagreëlings kom daar ‘n KOER-briefie deur. Dit was Jessica. Ons het begin gesels maar ek was sku en wou nie regtig klets nie. Jessica het nie opgegee nie. Ons het so lekker gekliek dat ons later tot diep in die oggendure in gesels het. Ek het begin planne beraam om haar te ontmoet, natuurlik was beide van ons onseker, dis sekerlik normaal. Twee weke later het sy “ja” gesê vir die ontmoeting en ek ry toe die 134 kilometer langpad af om die meisie te gaan sien. Bygesê ek het dit nog nooit vir enige iemand anders gedoen nie! Ek het die hele naweek daar gekuier. Alles het net in plek geval. Die liefde het net natuurlik begin blom en alles het net die regte weg gegaan. Dis asof ons in mekaar iets wakker gemaak het wat ons gedag het ons jare terug al verloor het. Hier staan ons vandag, saam en verlief en gelukkig getroud!





































































